6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
1 badkamer
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 7 Beach Road, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
L’escalier Cabanas 111 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Amanzimtoti. Die kompleks is teen die strand geleë en spog met direkte toegang tot die strand.
Die ten volle gemeubileerde woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die badkamers het elkeen 'n stort of 'n bad. Die kombuis is goed toegerus en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, oond, stoof en ander nodige toebehore in om maaltye mee voor te berei.
Die oopplan-leefarea langsaan het 'n etenstafel met sitplek, rusbanke om op te ontspan en 'n TV met sekere DStv-kanale, asook gratis WiFi. Die leefarea lei na 'n privaat balkon met 'n braai-area. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar en die kompleks word deur sekuriteitswagte en outomatiese hekke beveilig.
Die kompleks bied ook 2 gemeenskaplike swembaddens en is lekker naby 'n paar restaurante en winkels. Die Durban-middestad is minder as 30 km ver en King Shaka Internasionale Lughawe is minder as 61 km ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Reesha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 7 Beach Road, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
- Gaste dink L’escalier Cabanas 111 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
7 Beach Road, Amanzimtoti, 4026, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang