Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lewensdroom Game Farm and Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R11 400 per nag, vir 30 mense

Beskrywing

Lewensdroom Game Farm and Lodge is op 'n werkende plaas in 'n privaat, stil en veilige area in die vallei aan die voet van die Waterberge, 28 km buite Bela-Bela. Dit is die ideale wegbreek vir groepe vriende en familie wat lekker en privaat wil kuier.

Die lodge het 'n groot, gemeenskaplike oopplan-leefarea met 'n toegeruste kombuis, sitarea met 'n TV met DStv, eetarea, pooltafel en 'n groot kroegarea. Die kombuis het 'n gasstoof met ‘n elektriese oond, 'n kookplaat ideaal vir heerlike ontbyt, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n ingeboude braai met spitbraai, roosters en groot, swart potte.

Net buite die lodge is daar 9 en-suite slaapkamers.
Daar is 3 ruim gesinskamers elk met ‘n koningingrootte-bed en 4 driekwartbeddens wat slaapplek aan 6 gaste per kamer bied. Elke kamer is en-suite met sy eie stort, toilet en wasbak. Daar is ook 6 en suite-slaapkamers met slegs koningingrootte-beddens. Die lodge voorsien ook elke gas van ‘n badhandoek. Daar is ook ‘n raadsaal met ‘n TV wat gebruik word vir vergaderings. Verder is daar 'n speelarea vir kinders met tafeltennis en ander speletjies. Die lodge is geskik vir 30 gaste, maar kan op versoek verblyf aan 40 gaste in tente wat opgeslaan kan word, bied. Daar is ook matrassies vir die kinders wat by hul ouers wil slaap. Daar is 'n groot boma-area waar gaste in die aand kan kuier, 'n groot swembad en 'n trampolien en klimraam vir kinders.

Gaste kan die plaas verken te voet of fiets. Daar is ook ’n wildkykmotor wat bespreek kan word, sowel as ‘n springkasteel vir die kinders. Die plaas het 'n oorvloed van wild en voëllewe wat goue wildebeeste en impala insluit. Hengelaars kan visvang in die plaas se privaat plaasdam op 'n vang-en-vrylaat-basis. Daar is karpe, baars, verskeie spesie kurpers. Die dam spog ook met 'n lapa met braai geriewe. Gaste kan die dam te voet verken, swem of roei met enige van die roeibote. Reddingsbaadjies word ook voorsien.

Ys en ekstra vuurmaakhout kan op die plaas gekoop word.

Lewensdroom is ideaal vir enige groep wat gehaltetyd saam wil spandeer sonder enige steurnis van enigiemand, anders as die werkers wat twee keer per dag algemene skoonmaak doen en skottelgoed was.

Slaapplek

’n Bespreking by Lewensdroom Game Farm and Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 7
Plek vir 6 mense
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 8
Plek vir 6 mense
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 9
Plek vir 6 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Witborde
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir Lewensdroom Game Farm and Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Lewensdroom Game Farm and Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R11 400
per nag, vir 30 mense
Vanaf
Vanaf R11 400
per nag, vir 30 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnxaBZS1afFsap479yuOakReZYa9iVTbnvP7eQSUfT80fyJtXY8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R11 400 per nag, vir 30 mense 7 5 1 5 D180 Bela-Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.714616032889 28.156335237061
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem