Lielies Guesthouse
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kortstraat 15, h/v Kort- en Uniestraat, met ingang in Uniestraat, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R3 200 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Lielies Guesthouse is in Parys, 'n toeristedorpie in die Vrystaat geleë. Dié dorp op die Vaalrivieroewer is bekend vir sy watersport, winkels, staproetes, koffiewinkels, restaurante en pragtige gholfbane.
Die eiendom het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers en daar is 2 badkamers, 'n kombuis wat ten volle toegerus is en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet in die tweede badkamer. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas stoof, oond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeirewe toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met Netflix, Showmax en Disney+. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n lieflike agtertuin met 'n swembad, buitemeubels en braaigeriewe. Die eiendom is omhein en bied sekuriteit en privaatheid. Parkeerplek is beskikbaar op die eiendom.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Henka Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kortstraat 15, h/v Kort- en Uniestraat, met ingang in Uniestraat, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Lielies Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kortstraat 15, h/v Kort- en Uniestraat, met ingang in Uniestraat, Parys, 9585, Vrystaat