Mailibu 1
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forestweg, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 8)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Malibu 1 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat op die eerste verdieping van 'n kompleks geleë is en direkte toegang tot Manaba-strand bied.
Dié woonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n gesinsbadkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n aparte toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die kombuis het 'n eethoekie en wat na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV lei.
Die skuifdeur van die sitarea lei na 'n lieflike balkon wat met 'n see-uitsig spog en sitplek en 'n gasbraai het.
Die kompleks het ’n hysbak, veilige parkeerplek vir 2 voertuie en ’n lieflike, gemeenskaplike swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Hannes Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 3
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Forestweg, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Margate North Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Forestweg, Manaba, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang