- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1017 Werden Farm, , Bochum, 0790, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Diep in die hartjie van die Limpopo Provinsie, omring deur die okerkranse van die majestueuse Makgabeng-plato en haar beeldskone buurman, Blouberg, is Makgabeng Farm Lodge geleë. Dié area is befaamd vir sy antieke rotskunstekeninge wat dateer uit die tydperk toe die eerste Afrika-inwoners dié Afrika-landskap bewoon. Die Makgabeng-plato en die omliggende omgewing spog met 'n interessante geskiedenis wat 'n eerstehandse ervaring verlang.
Elkeen van ons kamers is toegerus om rus, vrede en uiterste ontspanning te verseker. Ons chalets het elkeen enkel- en dubbelbeddens en bied 'n beeldskone uitsig oor die Makgabeng-plato, bekend vir sy noemenswaardige natuurskoon. Hier kan jy die ongelooflike sonsondergange geniet wanneer die son oor die plato verdwyn. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-bad of -stort, hotelgeriewe, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Ons bedien ook ontbyt, middag- en aandetes in ons restaurant op die perseel. Die restaurant bied bied 'n gebalanseerde vermenging van tradisionele en Westerse disse. Gaste kan kies om hul etes in die restaurant of buite op die patio te geniet. Of geniet jou maaltyd onder die Afrika-hemelruim in die bome terwyl ons plaaslike kulturele dansgroep of jazz-maestro, op uitgesoekte dae, jou vermaak.
Dié lodge se ligging maak dit die ideale keuse vir toeriste en die oordeelkundige reisigers wat op soek is na ietsie anders. Die lodge bied 'n unieke ervaring van die stil en rustige plaaslewe, spirituele verjonging, besonderse diens en persoonlike aandag.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.2/5
Fortune Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Jare op LekkeSlaap 8
Ligging
- 1017 Werden Farm, , Bochum, 0790, Limpopo
Sien meer verblyf in Soutpansberge Limpopo
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1017 Werden Farm, , Bochum, 0790, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom