- 17 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Blaawdrift Road, Virginia, 9430, Vrystaat Sien kaart
Beskrywing
Marculem Guest Farm is op 'n werkende plaas naby Virginia en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende.
Verblyf is beskikbaar in 4 B&B-kamers wat elkeen van sonkrag gebruik maak. Christie's is 'n ruim kamer met 'n koninggrootte-bed en 'n dubbelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n spabad, toilet en wasbak. Die kamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, lugversorging, 'n TV en onbeperkte WiFi. Dié kamer is ook 'n gewilde opsie om as 'n bruidskamer te bespreek.
Curine het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Verder is daar tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, TV en onbeperkte WiFi.
Lemcke het 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met die gaste wat in die Marga-kamer bespreek. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging en onbeperkte WiFi.
Marga het 'n dubbelbed en en gaste deel 'n badkamer met die gaste wat in die Lemcke-kamer bespreek. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier en onbeperkte WiFi.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek waarom gaste hul maaltye kan geniet. Hulle kan ook die braaigeriewe benut.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Christie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Blaawdrift Road, Virginia, 9430, Vrystaat
- Gaste dink Marculem Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Blaawdrift Road, Virginia, 9430, Vrystaat
Sien kaart- 17 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang