14 gaste
6 slaapkamers
9 beds
5 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 28 Marine Drive, Vermont, Onrus, 7540, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Marine Drive Manor is by die strandfront in Onrus, Hermanus geleë.
Dit bied verblyf aan 14 gaste; 8 gaste in die hoofhuis en 6 gaste in die woonstel. Die huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Daar is 2 badkamers wat elkeen 'n stort en 'n bad het en 2 badkamers wat elkeen 'n stort het. Twee van die slaapkamers het privaat leef-areas, elk met 'n yskassie. Drie van die slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed en 1 het 2 enkelbeddens.
Daar is 'n eetkamer met sitplek vir 16 in die middel van die huis. Die ruim, ommuurde stoep dien as 'n leefarea en het DStv. Die eetkamer en die stoep het albei 'n kaggel.
Die kombuis is ten volle toegerus met 2 yskaste, 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, broodrooster, ketel, kookgerei en 'n mikrogolf. Alle kombuisware is beskikbaar. Daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër, strykgeriewe en 'n kisvrieskas langs die kombuis.
Die woonstel het ’n aparte ingang van die hoofhuis. Dit beskik oor 2 slaapkamers wat elk ’n dubbelbed het en 2 enkelbeddens in die leefarea. Die woonstel het ’n yskas, mikrogolfoond en keramiekkaggel.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en kookgerei toegerus. Ander geriewe sluit 'n braai-area, TV, DStv, kaggel, skottelgoedwasser en parkeerplek op die perseel in.
Die swembad is met 'n veiligheidsnet bedek en daar is plaveisel rondom die swembad. Die Jan Rabie-getypoel is reg voor die huis.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 26
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 28 Marine Drive, Vermont, Onrus, 7540, Wes-Kaap
- Gaste dink Marine Drive Manor het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
28 Marine Drive, Vermont, Onrus, 7540, Wes-Kaap
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang