MBZ Coastal Guest House
10 gaste
5 slaapkamers
5 beds
1 badkamer
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 8 Edgerton Road, Freeland Park, Scottburgh, 4001, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
MBZ Coastal Guest House is 'n selfsorghuis wat oor verskeie verdiepings strek en op 'n groot erf aan die heuwel in Freeland Park, Scottburgh, geleë is. Dié huis is ideaal vir 'n wegbreek saam met jou gesin of groep vriende waar julle lekker rustig kan kuier terwyl die see-klanke die atmosfeer vul.
Die huis is geskik vir tot 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers.
Daar is 4 slaapkamers en 2 badkamers op die boonste verdieping, asook 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n oopplan-uitleg met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer wat 'n bad, stort, toilet en wasbak het. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die moderne kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en genoeg kasspasie. Daar is ook 'n toonbank met stoele en 'n aparte wasgoedhoekie. Die eetarea het ook lugversorging en 'n sessitplek-etenstafel, en die sitarea het gemaklike sitplek met 'n platskerm-TV.
Die tweede verdieping is ruim en het lugversorging. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak, die kombuis is goed toegerus en daar is ook 'n sitarea.
Die derde verdieping het 'n ruim speletjies- en kuierkamer wat na 'n uitgestrekte dek lei en 'n uitsig oor die tuin en kinderspeelarea bied. Dit het ook 'n Jacuzzi en gasbraaigeriewe is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 8 Edgerton Road, Freeland Park, Scottburgh, 4001, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
8 Edgerton Road, Freeland Park, Scottburgh, 4001, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang