4 gaste
2 slaapkamers
3 beddens
2 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat Sien kaart
Beskrywing
Die Merino-kothuis is op 'n skaapplaas in die Philippolis-distrik geleë en bied gehalte-akkommodasie vir 'n klein gesin of groep vriende. Die kothuis spog met 'n groot patio met asemrowende uitsigte oor die velde en heuwels.
Die kothuis bestaan uit 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, 'n sit- en eetarea en 2 badkamers.
Die stylvolle slaapkamers het elk hul eie privaat ingang. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n en suite-badkamer met slegs 'n stort. Daar is gratis WiFi vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.
Die kombuis het 'n yskas, 'n tweeplaat-gasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, eetgerei, en is toegerus vir basiese selfsorg.
Die groot patio het 'n ingeboude braai met gratis hout wat voorsien word. Daar is ook 'n boma 'n paar meter van die kothuis af, wat ideaal is vir skemerkelkies en sterrekyk. Gratis tee, koffie en beskuit word voorsien, en die kothuis word daagliks skoongemaak. Daar is sonkrag sodat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie.
Geniet lang wandelings op die plaas, laat die kinders vrylik verken en speel, en bergfietsryers kan die pragtige roetes aandurf. Dinge om te doen in die distrik sluit in die Laurens van der Post Gedenktuin, Jobhuis Kunsmuseum, Otterskloof Natuurreservaat en Tiger Canyon. Die kothuis is maklik bereikbaar vanaf die pad tussen Philippolis en Colesberg en is 'n baie gewilde oornagplek vir mense wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.
Ontbyt en aandete is slegs op aanvraag beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat
- Gaste dink Merino Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang