12 gaste
4 slaapkamers
8 beds
5 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Mongu bied verblyf in 'n gerieflike selfsorghuis met slaapplek vir 12 gaste in Marlothpark, net 300 m van die Krokodilrivier en 600 m van die uitkykpunt af.
Dié dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die 2 kamers maak gebruik van 2 badkamers wat 'n bad of 'n stort het.
Die ander 2 slaapkamers is op die onderste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die kamers deel die gebruik van die aparte gastetoilet.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, potte, panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan in die groot, oop sitarea wat 'n TV met Netflix, DStv en WiFi het ontspan en dié area het ook lugversorging.
Daar is 'n swembad, groot bomabraai, asook parkeerplek onder die bome.
Marlothpark bied die geleentheid om 'n verskeidenheid vrylopende wild te sien en gaste kan ook voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp het 'n waterpark, putt-putt-baan en basiese geriewe soos 'n drankwinkel, restaurant, bakery, kuriowinkel en 'n vulstasie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liesel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Mongu het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
2477 Mongoose Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang