+108
Oord in Panoramaroete

Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Peter James P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2026

Ontspanne kuier in die reënwoud. Ontspanne, rustige verblyf. Gashere en personeel is puik, die restaurant se kos is puik, die ontbyt langs die swembad is puik. Die staproetes en watervalle is pragtig. Die kaggel wat elke aand aangesteek word is natuurlik 'n wenner!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Hello Peter Wat 'n fantastiese terugvoer, vreeslik baie dankie! Ons almal waardeer dit opreg. Hoop om julle gou weer te sien. Vriendelike groete Tania

Monique B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2026

Rustig, netjies. Geniet dit elke keer om Mount Sheba toe te kom, die rustigheid en vriendelikheid is tops!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Hi Monique Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Dit is wonderlik om te lees dat julle dit by ons geniet. Hoop ons sien julle sommer gou weer. Vriendelike groete Tania

Mnr Hendrik V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

SIELS VERKWIKKEND als onder opgesom. ’n Onvergeetlike Verkwikking vir die Siel by Mount Sheba As jy op soek is na ’n plek om van die wêreld af te skakel en weer met jou siel kontak te maak, is Mount Sheba Hotel die uiteindelike bestemming. Ons het onlangs ’n verblyf van 13 dae voltooi, en dit was niks minder as asemrowend nie. Die Reis en Omgewing: Al is die pad na die hotel ’n bietjie rof en klipperig, moenie dat dit jou afskrik nie! Ons het dit maklik met ’n Toyota Corolla gemaak, en selfs met ’n Suzuki Ignis is dit moontlik deur stadig te ry. Glo my—dit is die moeite werd. Die omgewing is ongelooflik en die uitsigte is absoluut asemrowend. Diens met ’n Hart: Van die oomblik dat ons gearriveer het, het die ontvangsspan ons onmiddellik tuis en welkom laat voel. Hierdie hartlikheid het regdeur ons hele verblyf voortgeduur. Die Kamer: Gesellig, silwerskoon en daagliks met ’n glimlag gediens. Die kaggel was ’n hoogtepunt, deurentyd aangevul met genoeg hout vir ons behoeftes, en die elektriese komberse het ekstra gemak verseker. Die Bestuur: Die gashere, Tania en Hanru, is ongelooflik betrokke (“hands-on”) en sorg dat alles vlot verloop. Tania het altyd tyd gemaak vir ’n vriendelike geselsie, wat ’n gelukkige werksomgewing skep wat duidelik in die personeel se houding weerspieël word. Die Span: Spesiale dank aan Jeffrey, ons ster wat elke aand na ons gekyk het; Vusi, wat ons so hartlik verwelkom het op ons eerste aand; Dansile vir die deurlopende vriendelikheid; en Shelby, die kroegman, wat altyd behulpsaam was. ’n Kulinêre Paradys: Die sjefs hier is ware kunstenaars. Elke maaltyd het gevoel asof dit met liefde voorberei is. Hulle is regtig "lamsvleis-spesialiste" — die lamskenkel en lamsbredie was uit die boonste rakke! Die Hoogpunte: Die soppe is watertand, en die ontbyt-buffet bied ’n heerlike verskeidenheid wat jou dag met ’n lied in die hart laat begin. Spesiale Geleenthede: Hulle het my vrou se verjaarsdag onvergeetlik gemaak met roosblare op die tafel en personeel wat gesing het. Ons Kersfees-ete was ook uit hierdie wêreld, met ’n indrukwekkende voorgeregkeuse, gevolg deur ’n heerlike buffet en nagereg. Gevolgtrekking: Mount Sheba is ’n seldsame juweel waar spesiale versoeke vinnig hanteer word en gaste soos familie behandel word. Ons het verfris en geïnspireerd vertrek. Ons sal beslis weer terug wees! Dankie, Mount Sheba, vir ’n onvergeetlike bederf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Hello Hendrik Vreeslik dankie vir die wonderlike terugvoer, ons waardeer dit ongelooflik baie. Julle is vriendelike, opregte mense en dit maak dit vir ons as staff ook 'n plesier om sulke gaste te hê. Vriendelike groete Tania

Pieter S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2026

Ons kort verblyf by Mount Sheba was baie aangenaam. Ons het baie lekker gebly. Die dame by ontvangs was vriendelik en behulpsaam. Ons het ook aandete geniet in hulle restaurant en die eenheid waarin ons gebly het, was skoon en netjies. Ons het lekker geslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Apr 2026

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Dear Loyiso Thank you so much for the good rating and feedback. We really appreciate it. Warm regards, Tania

Sunette S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Absoluut die moeite werd, awesome en onvergeetlik! Die verblyf was fantasties. Die personeel is absoluut uitstekend, vriendelik, fluks en ek kan niks verkeerd of negatief van my verblyf sê nie. Ons gaan beslis weer terugkom met die familie om al die staproetes te doen. Die kos was uit die boonste rakke, eintlik te veel vir 'n vrou, beslis 'n moet om by die hotel te eet. As jy nie 'n driegang maaltyd wil hê nie, is daar kleiner opsies soos pizza en hamburgers by die bar beskikbaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Goeie more Sunette, Baie dankie vir die mooi woorde, ons waardeer dit vreeslik baie. Ons hoop om julle en die familie gou weer by Mount Shaba te sien. Groete, Marietjie

Ian V
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2025

Verwagtinge oortref, ons kom terug. Baie lekker, alles was puik. Ons kom definitief terug. Natuurskoon, rustig, vrede. Die pad soontoe maak nie saak nie, ry maar net bietjie stadiger en geniet die omgewing. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lorna S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Beautiful gem. A beautiful gem. Wonderful walks and scenery - amazing food and the most fantastic staff. I so wish we could have stayed longer and already am planning our next stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie Z
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Peaceful. Great stay, wonderful staff, 5 star food.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Dear Elmarie, Wow, thank you so much! We appreciated your wonderful feedback. Warm regards, Tania

Chris W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Peaceful. Nice hiking and good food.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tania
Mount Sheba Rainforest Hotel and Resort
Dear Chris, Thank you for the excellent rating and feedback. We are all very pleased that you have enjoyed your stay at Mount Sheba. Warm regards, Tania

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Lydenburg Road, Grootfonteinberg, Pilgrim's Rest, 1290, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 78 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA810405608a3a9e9ea2c075bc4596ca7df8a2ad090f7b476262d455c754e3ba31de1c65875745340fe666d6d498545685a1f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 43 5 1 5 Lydenburg Road Grootfonteinberg 1290 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -24.938621893798 30.712731629581
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang