Pick your preferred language

English

Afrikaans

+53
Selfsorg in Swellendam

Mountain View Swellendam

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 14 gaste
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 37 Drostdy Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Mountain View Swellendam bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n groot tuin wat oor die historiese dorp, Swellendam, uitkyk en teen die majestueuse Langebergreeks skuil.

Verblyf word in 'n kothuis met slaapplek vir 4 en 'n lodge met slaapplek vir 10 aangebied. Die kothuis en lodge beskik elkeen oor sekere DStv-kanale, lugversorging en en suite-badkamers. Die ruim grasdakkothuis het 'n stoep met 'n uitsig op die Langeberge en beskik oor 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n goed toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kothuis is toegerus met WiFi, plafonwaaiers en braaigeriewe.

Die lodge beskik oor 4 suites. Elke suite het 2 gemakstoele, 'n TV, WiFi, 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n dek vanwaar gaste die berg-uitsigte kan geniet, sowel as 'n braai-area en onderdaksitplek vir gaste by die lodge. Alle gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel.

Mountain View Swellendam bied gemak, vrede en unieke klantesorg. Doendinge in die omgewing sluit vlotvaart, voetslaan, bergfietsry, wynproe, township-toere, bessiepluk en likeurproe in.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 37 Drostdy Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain View Swellendam het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 550
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 550
per nag, vir 2 mense
Bespreek

37 Drostdy Street, Swellendam, 6740, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 14 gaste
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPZWh4LTnRRLOFTVSrLvOMR9T5y0KLXAMRqcZIvWIVA742G3rmL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 37 Drostdy Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.023358385282 20.448527937434
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang