- Slaapplek vir 25 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Plot 826 Pieterskraal A, Dr JS Moroka Rural, Pieterskraal, 0460, Mpumalanga Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Mthembuskloof Country Lodge in Pieterskraal is 105 km buite Pretoria en aan die voet van die Magalapeng-heuwels geleë. Die lodge bied 'n rustige wegbreek buite die stad.
Verblyf is in 4 chalets en 2 luukse tentekamers met en suite-badkamers beskikbaar. Die lodge bied slaapplek aan 12 gaste. Die chalets het 'n uitsig oor 'n loweryke tuinstoep en bied maklike toegang tot die swembad. Elke chalet het lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n kroegie.
Die tentekamers is tussen die natuurlike flora geleë en bied 'n meer eksklusiewe bosveldervaring met 'n uitsig oor die Magalapeng-heuwels. Die kamers het 'n kombuisie wat met tee- en koffiemaakgeriewe en 'n kroegie toegerus is. Braaigeriewe is ook beskikbaar.
Gaste kan by die swembad ontspan terwyl hulle 'n drankie geniet of die Mountain View Bistro se restaurant en kroeg met 'n berguitsig besoek. Daar is ook 'n boma-area. Vir klein, intieme funksies soos 'n troue, verjaarsdagpartytjie, spanbou, sakewegbreek, of net 'n familiereünie, het die lodge 'n pragtige tuin om 'n atmosfeer en skilderagtige omgewing vir enige geleentheid te skep.
Buitelugliefhebbers kan aan begeleide staptoere deur die Mthembuskloof-heuwels met 'n verskeidenheid voëllewe deelneem. Oornagverblyf in tente kan op die heuwels vir hierdie aktiwiteit gereël word. Die lodge verwelkom motorfietsryers en bied begeleide veldry-uitstappies in die heuwels en omgewing. Gaste kan hul eie fietse saambring, of hulle kan een van die 250cc-veldfietse of vierwielmotorfietse huur. Die lodge kan ook bootvaarte reël op die Rust De Winterdam, wat 60 km verder is.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Sipho Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Plot 826 Pieterskraal A, Dr JS Moroka Rural, Pieterskraal, 0460, Mpumalanga
- Gaste dink Mthembuskloof Country Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Plot 826 Pieterskraal A, Dr JS Moroka Rural, Pieterskraal, 0460, Mpumalanga
Sien kaart- Slaapplek vir 25 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang