Newlands Peak 801
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 3 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thicketstraat 6, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 745R2 196 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Newlands Peak 801 is 'n luukse vakansiewoonstel in die gesogte woonbuurt Nuweland in die Suidelike Voorstede. Dié woonstel aan die voet van Tafelberg spog met 'n asemrowende berguitsig en is net 'n entjie se ry vanaf die middestad, Nuweland-krieketveld en die V&A Waterfront.
Die tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Dit lei direk na die balkon sodat gaste soggens met 'n berguitsig kan wakker word. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, basiese eetgerei en breekware, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel vir 4 en 'n sitarea met sagte rusbanke, 'n slim-TV en gratis WiFi. Gaste kan by hul gunsteling-apps inteken deur hulle eie besonderhede te gebruik. Die omsetter verseker dat noodsaaklike toestelle tydens kragonderbrekings aan die gang bly.
Die balkon strek reg rondom die woonstel en is die hoogtepunt. Dit bied oorgenoeg ruimte om 'n skemerkelkie te geniet of 'n koffie te drink terwyl gaste die panoramiese berguitsig inneem.
Die woonstel is die ideale toevlugsoord vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na gemak, gerief en rustigheid. Gaste het ook toegang tot die dek op die dak met 2 verhitte swembaddens, gemeenskaplike braaigeriewe, 'n moderne fiksheidsentrum, werkspasies, 'n Shift-koffiewinkel en -restaurant, 'n wassery, 24 uur-ontvangs en -sekuriteit en veilige kelderparkeerplek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 54
Resensies 27
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Thicketstraat 6, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Nuweland Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Thicketstraat 6, Nuweland, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap