Ocean View A201A
2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 13 Coral Road, A201A Ocean View, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Ocean View A201A is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstand. Dit spog met 'n lieflike see-uitsig en is ideaal vir 'n paartjie wat die Moederstad se kuslyn kom verken.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Langs die kombuis is daar 'n lessenaar en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeur lei na 'n balkon met sitplek, 'n Weber-braai en 'n see-uitsig. Veilige parkeerplek word in 'n toesluitmotorhuis voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 13 Coral Road, A201A Ocean View, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
13 Coral Road, A201A Ocean View, Bloubergstand, 7441, Wes-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang