Ek sien gaste se hul het net n stort en n bed, wat totaal nie die waarheid is nie. Ou Maat is toegerus presies soos dit op die webwerf uiteengesit is.
badkamer met stort en toilet en wasbak.
Kamer met dubbelbed en kas.
Binne sitkamer area.
Buite kampstyl kombuis met gasstoof en die basiese kombuis toebehore, n onderdak braai (waarby gaste ook gebraai het met hul verblyf), asook n buite onderdak sit/eet area.
n buite tuinstel en n plons poel.
Al genoemde is so op webwerf met fotos uiteengesit.
Die breekware is nie oud nie, maar dit het ook beslis nie n goue rand nie.
dit is nie stukend of gekraak of vuil nie.
Dan is Ou Maat n selfsorg eenheid wat beteken gaste moet sorg vir hul toilet benodighede sowel as kruideniers en skoonmaakmiddels.
Wat spinnekoppe en goggas betref, ons woon in die bos en hulle het toegang enige plek. Ek maak die eenheid self skoon en minute voor gaste inklok, gaan ek deur alles om seker te maak alles is op daai oomblik skoon en netjies, ek het nie beheer oor goggas wat hul verskeining maak nie.
Wat ligging betref, gaste het toegang tot Google Maps en kan sodoende sien waar die eiendom geleë is, so het ek nie beheer oor motors wat in die hoofstraat verbykom nie (gaste het ten volle beheer oor waar hul hul ligging kies en n bespreking maak).
So ook die paaie - ons het onlangs n storm gehad en al Marloth Park se paaie lyk so, dit is grondpaaie.
Wat betref die lig, ek sal werk maak daarvan.
Die geraas wat gaste oor gekla het wat van aangrensende eenheid gekom het, al wat ek kan doen is net verskoning vra en vra dat gaste in aangrensende eenheid in toekoms ook ander gaste in ag sal neem (wat ek wel doen).
Ek streef daarna om gaste n netjiese skoon eenheid te bied, dit is my trots, maar ek het ongelukkig nie beheer oor sommige dinge wat ek nie kan verander soos goggas en so meer nie.
Ek het van dag een af met WhatsApp op 19/4/26 nog voor gaste ingeklok het, met gaste kontak gehou en inligting deurgegee. Ek het ook op 21/4/26 met hul gepraat, en dan het ek na hul ingeklok het, ingeloer op 25/4/26 om 18.58 om te hoor of alles in orde was, waarop het ek eers op 26/4/26 n reply ontvang wat sê: "Naand Irma. Baie dankie, dit is..." en toe het ek weer ingeloer op 26/4/26 om 18.12 om te reel ivm uitklok en sleutels, waarop ek toe om 18.38 n reply gekry het: "Naand Irma, ons maak so. Baie dankie vir die tyd hier."
Daarna het ek weer met gaste kontak gehad ivm n bak wat per ongeluk tussen hul goed beland het, maar het nie weer met hul gepraat nie.
As die gaste ongelukkig/ontevrede was, hoekom het hul dan nie met die inklok LekkeSlaap gebel en n klagte ingedien nie? Of my gekontak en gesê hul is ongelukkig nie?
Ek sê weer: my woord is my eer en ek streef na opregtheid en eerlikheid.
Geseende dag.
Groete,
Irma