- Slaapplek vir 59 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Portion 34, Farm Kleinfontein 172, Loerie, 6370, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Pabala Private Nature Reserve is in die malaria-vrye Oos-Kaap geleë. Pabala is in die Loerie Distrik, tussen die Tuinroete en Baviaanskloof, sowat 30 km vanaf Jeffreysbaai, geleë.
Die Birders Haven beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 volwassenes. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, en die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof toegerus is, 'n sitkamer, 'n eetarea, braaigeriewe en WiFi in. Birders Haven kan slegs met 'n 4x4 bereik word.
DIe Farmyard-kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met ruim hangkaste en bied 'n beeldskone uitsig. Die ruim tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, ideaal vir kinders. Die badkamer is toegerus met 'n tradisionele bad, 'n stort, en komplimentêre toiletware.
Die permatente is in die bos geleë en bied gaste die geleentheid om die Afrika-bosveld in 'n tent ervaar. Ons tente is op houtdekke opgeslaan en toegerus met 2 permanente enkelbeddens. Die gemeenskaplike ablusieblokke het spoeltoilette, warm water en storte. Water is by die lapa, ablusiegeriewe, kombuis en 'n paar krane in die kamparea beskikbaar. Elke tent het 'n braai en 'n sonkraglig vir die aand. Kragpunte is by die lapa en gemeenskaplike kombuis beskikbaar.
Pabala Tented Bush Camp bied 4 kampterreine met 'n ablusieblok. Gaste kan gerus hul eie kampgereedskap en tente saambring. Die eiendom is omhein en bied veilige parkeerplek vir jou motor.
Die eiendom bied beeldskone landskappe en asemrowende uitsigte van die natuurskoon op sy beste en 'n groot terras wat 'n platform bied vanwaar jy die wild wat hiér deurloop na die watergat kan dophou. Die ervare gidse is beskikbaar om 'n bekoorlike wildkykrit in een van die oop voertuie of 'n begeleide staproete te bied.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Wernich Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Portion 34, Farm Kleinfontein 172, Loerie, 6370, Oos-Kaap
- Gaste dink Pabala Private Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Portion 34, Farm Kleinfontein 172, Loerie, 6370, Oos-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 59 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang