Pabala Private Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pabala Private Nature Reserve is in die malaria-vrye Oos-Kaap geleë. Pabala is in die Loerie Distrik, tussen die Tuinroete en Baviaanskloof, sowat 30 km vanaf Jeffreysbaai, geleë.

Ons het ook 'n kothuis met 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met ruim hangkaste en bied 'n beeldskone uitsig. Die ruim tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, ideaal vir kinders. Die badkamer is toegerus met 'n tradisionele bad, 'n stort, en komplimentêre toiletware.

Ons luukse permatente is in die bos geleë en bied gaste die geleentheid om die Afrika-bosveld in 'n tent ervaar. Ons tente is op houtdekke opgeslaan en toegerus met 2 permanente enkelbeddens. Die gemeenskaplike ablusieblokke het spoeltoilette, warm water en storte.

Ons bied ook 4 kampterreine met 'n ablusieblok. Gaste kan gerus hul eie kampgereedskap en tente saambring. Die eiendom is omhein en bied veilige parkeerplek vir jou motor.

Die eiendom bied beeldskone landskappe en asemrowende uitsigte van die natuurskoon op sy beste en 'n groot terras wat 'n platform bied van waar jy die wild wat hiér deurloop na die watergat kan dophou. Ons ervare gidse is beskikbaar om 'n bekoorlike wildkykrit in een van die oop voertuie of 'n begeleide staproete te bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pabala Private Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za