+18

Paddocks 6

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Paddocks, Sias Oosthuizen Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Paddocks 6 is in Clarens se Swartland geleë. Hierdie drieslaapkamerhuis met 2 badkamers is pragtig gemeubileer en is net 10 minute se stap vanaf die middedorp met sy verskeidenheid winkels en kunsgalerye.

Paddocks 6 bied gerieflike slaapplek vir tot 4 volwassenes en 2 kinders. Die huis het ook 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea met 'n sitarea en eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, haardroer, kluis en 'n ruim en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die tweede badkamer is ruim en het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Linne, handdoeke en seep word voorsien.

Die kombuis is pragtig ontwerp met graniettoonbanke en breekware en eetgerei van goeie gehalte. Daar is 'n elektriese oond en 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond en nodige toebehore, sowel as koffie- en teemaakgeriewe. Daar is 'n kaggel tussen die sitarea en eetarea wat gedurende die wintermaande 'n groot verskil sal maak. TV met DStv Compact Plus. Daar is braaigeriewe in 'n beskutte braai-area met asemrowende uitsigte oor die berge. Daar is 'n toesluitmotorhuis en toegang tot die perseel met 'n afstandbeheer. Skoonmaakdienste kan gereël word teen 'n ekstra koste.

Die dorp is bekend vir die talle kuns- en kunsvlytwinkels wat die besoeker 'n wye verskeidenheid snuistery-winkels en oorspronklike kunswerk bied. Nog 'n kenmerk wat bydra tot die skilderagtige atmosfeer van die dorp is die sandsteengeboue. Die gewilde Golden Gate Nasionale Park is in die omgewing van Clarens geleë en lok baie besoekers.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Cobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Paddocks is perfek. Niks om oor te kla. Lekker gekuier, sal weer teruggaan. Baie gebly!
Nov 2025
Wiets R
Saam met lewensmaat
5.0
Clarens verras ons elke keer. Netjies, skoon, veilig, rustig en al die eetgerei wat nodig is. Ons het lekker ontspan en sal weer kom.
Nov 2025
Giuliette B
Saam met vriende
5.0
Heerlik gebly by Paddocks 6. Paddocks 6 was baie lekker, dit is eenkant en stil, maar ook tog naby aan al die dinge in Clarens. Die huis is baie netji...
Sien meer
Okt 2025
Annalie S
Gesin met tieners
5.0
Ons was spyt om net 2 aande te bly. Baie dankie aan Lizette! Paddocks is 'n lieflike plek en ons sal vir seker weer daar tuisgaan. Dis pragtig, silwer...
Sien meer
Okt 2025
Marietjie T
5.0
Skoon, veilig, voel soos huis. Sal vir seker weer kom. Ons gasheer het ons vriendelik gehelp met ons aankoms en ons het heerlik gebly. Warm geslaap en...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 159

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • The Paddocks, Sias Oosthuizen Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Paddocks 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Paddocks, Sias Oosthuizen Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1YjEyN2EwLWFiNjQtNGVhNC1iM2Q2LWVlOGNjMWJjN2Y1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag, vir 6 mense 74 5 1 5 The Paddocks Sias Oosthuizen Street 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.505453997755 28.420220017433
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang