Platteland Country House
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lisbon Plaas, Settlers, 0430, Limpopo
- Vanaf R3 150 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Platteland Country House is op 'n plaas naby Settlers in Limpopo geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groot groep vriende. Breek weg uit die stad na 'n knus, ruim plaashuis wat slaapplek vir 12 gaste bied.
Die huis beskik oor 6 slaapkamers, elkeen met 2 enkelbeddens en en suite-badkamer.
Die ruim kombuis is toegerus met alles wat gaste sal nodig hê vir 'n sorgelose selfsorgwegbreek. Daar is 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.
Daar is 'n lieflike, lang etenstafel waar die hele gesin saam vir ete kan aansit, sowel as gemaklike sitplek in die sitkamer en op die stoep waar gaste luilekker kan uitspan en 'n vroegoggend koppie koffie geniet terwyl die son opkom.
Die boma is ideaal vir 'n kuieraand om die braaivleisvuur of potjie.
Daar is oorgenoeg plek op die plaas om verskeie doendinge aan te pak insluitend kleiduifskiet, bergfietsry, in die gronddam swem, boomhuis vir die kinders en voetslaan.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Joost Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Lisbon Plaas, Settlers, 0430, Limpopo
- Gaste dink Platteland Country House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lisbon Plaas, Settlers, 0430, Limpopo