+19
Gastehuis in Gariepdam

Puzzles Guest House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 31 Kwartel Street, Gariepdam, 9922, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

Puzzles Guest House is op die randjie van die koppie in Gariepdam in die Vrystaat. Die gastehuis se verblyf is gemik op oornagreisigers. Die koppie voor die gastehuis verseker 'n stil, rustige atmosfeer met min verkeergeraas. Daar is ook verskeie goeie restaurante naby.

Die verblyf word aangebied in eenhede wat nuut gebou is. Elke eenheid beskik oor sy eie ingang en hulle is heeltemal apart van die hoofhuis. Die eenhede beskik elkeen oor 2 driekwartbeddens en 'n slaapbank. Die beddens kan saam opgemaak word vir paartjies of apart vir kollegas wat saam op reis is.

Die ingang tot die eenhede is in Kwartelstraat. Die eenhede het elkeen hul eie ingange en is heeltemal apart van die hoofhuis. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n aparte bad en stort wat groot genoeg is om in aan te trek. Die kamers het elkeen 'n TV met 'n beperkte DStv-pakket, maar WiFi is beskikbaar. Daar is ook lugversorging, plafonwaaiers en kaste in die kamers. Boonop het die eenhede ook semi-selfsorgfasiliteite soos 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, eetgerei en breekware. Gaste het hul eie binnenshuise braai-area en ontbytarea met'n oond.

Daar is oorgenoeg parkeerplek agter 'n hoë spitspaalheining.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 103 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Elsie Josina V
5.0
Wonderwaarlike ervaring. Is vriendelik verwelkom en my tuis laat voel. Lekker warm verhitte kombers gehad met tuis gemaakte beskuit vir ontbyt. Wat ñ ...
Sien meer
Apr 2026
Candice B
Saam met vriende
5.0
Comfortable. I had a wonderful overnight stay at this accommodation. The room was spotless and beautifully prepared, with all the littl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Karen D
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gebly! Baie mooi en netjies, heerlik geslaap.
Jan 2026
Ryan I
5.0
Restful, peaceful and comfortable. I had the most incredible night's stay at Puzzles Guest House. Michelle was absolutely amazing and o...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Melissa P
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik en so netjies. Sal beslis weer oornag. Dit is netjies, gerieflik en baie mooi. Ek sal enige tyd aanbeveel.
Jan 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 103

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 31 Kwartel Street, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Puzzles Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 980
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 980
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 980
per nag, vir 2 mense
Bespreek

31 Kwartel Street, Gariepdam, 9922, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk5Yjc0ZDQ5LWFiOWMtNDA0NS05ODE3LWY5YWU1YTk3ZDUzYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag, vir 2 mense 103 5 1 5 31 Kwartel Street Gariepdam 9922 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -30.599943 25.495801
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang