LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+43
Selfsorg in Greyton

Ridgeworth Cottage

4 gaste

2 slaapkamers

3 beddens

1 badkamer

  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 48 Park Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Ridgeworth Cottage is in die idilliese dorp Greyton en is 'n bekoorlike plattelandse selfsorgkothuis in Upper Park-straat. Die kothuis het 2061 m² se fauna en flora wat tot by die Greyton Natuurreservaat en die Riviersonderend-bergreeks strek.

Die kothuis is met moderne geriewe ingerig. Daar is 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en 1 met 2 enkelbeddens. Die kamers is elegant versier, albei het Franse deure wat na 'n stoep met 'n uitsig oor die fynbostuin en op die Riviersonderendberge lei. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis is modern en met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n koffiekapsule-masjien toegerus.

Daar is 'n etenstafel vir 4 gaste in die leefarea. Die sitarea het 'n kaggel en lei na 'n groot stoep waar gaste hul oggendkoffie of skemerkelkies kan geniet. Die stoep het 'n uitsig op die berge en oor die vallei en dorp.

Die sitarea het 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Daar is 'n privaat en beskutte braai-area met buitesitplek en 'n tafel. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.


Kamer-opset

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sunet D
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste view. Dankie, die bruidspaar het heerlik gebly.
Jul 2026
Cyndi T
Gesin met tieners
5.0
Lovely, nice spot. Lovely small cottage with big personality, stunning views! Well equipped for a weekender. Space is a bit tight thoug...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
Veronique L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid, kalmte en gemaklikheid. Heerlik gebly. Sal dit aanraai as jy wil wegkom van die daaglikse gehaas van die lewe!
Mei 2026
J. B
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste ligging, met uitsig oor die berge. Dit was 'n ongelooflike lekker kuiertjie.
Mei 2026
Jackie C
5.0
Vrede, siele rus. Ons het heerlik gebly, Ridgeworth is a gem, it is beautiful, stylish, and everything is of the best quality en so sma...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Susan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 48 Park Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ridgeworth Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R2 100
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 4 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R2 100
per nag, vir 4 mense
Bespreek

48 Park Street, Greyton, 7233, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA14b10c91a4035a04de20ec57f6840eb77e9f71944c37f639e24952c6b6d533fe198195d6621eadc20a0155fc9597d88a3716?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 4 mense 33 5 1 5 48 Park Street Greyton 7233 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.0458604 19.609635
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang