Pick your preferred language

English

Afrikaans

+35

6 gaste

3 slaapkamers

5 beds

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 32 Milner Street, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Rivendell is 'n selfsorg-vakansiehuis in Umkomaas met maklike toegang tot die rivier en die strand. Die eiendom is ideaal geleë vir 'n gerieflike en onvergeetlike gesinswegbreek in klassieke styl en gerief.

Daar is 'n tweeslaapkamerhuis en 'n woonstel met 1 slaapkamer op dieselfde omheinde erf. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook as 'n dubbelbed opgemaak kan word, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, asook 'n spens. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die kombuis lei na 'n ruim eetkamer met 'n groot tafel waar almal gerieflik kan eet.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n pooltafel, 'n kaggel en 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar. Die stapeldeure lei na 'n dek met buitemeubels en 'n plonspoel om lekker af te koel na 'n warm dag by die see.

Die aparte woonstel het 'n tussenvloer met 2 enkelbeddens, 'n leefarea, 'n kombuisie en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dit is ideaal vir Ouma en Oupa of die tieners wat op hul eie wil wees.

Daar is ook 'n vuurput-braai langs die stoep wat ideaal is om die pragtige tuin te geniet en die see-uitsig te bewonder met 'n skemerkelkie in die hand en later 'n vleisie te braai. Die groot buitetafel op die stoep bied die geleentheid om heerlike al fresco-etes te geniet in die koelte wat die groot bome voorsien.

Motors word veilig binne die erf parkeer buite sig van die straat en daar is 'n elektriese hek wat die huis baie privaat hou.

Dit is so naby aan al die Umkomaas duikoperateurs en die Umkomaas Gholfbaan dat mens feitlilk nie 'n motor nodig het nie. Verder is dit binne 'n paar minute se ry van die pragtige Scottburgh-swemstrand en die winkelsentrums in Scottburgh af. Die Galleria-winkelsentrum in Amanzimtoti is slegs 15 minute ver.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Werner Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 32 Milner Street, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Rivendell het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 330
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 330
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 330
per nag (plek vir 6)
Bespreek

32 Milner Street, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc159776f506fca977ebacdbcb8e85f4ba64d5ce7fe55be0305a0a8cd40235f5e8ddeb47be10876d13eef22a607d0a2c01497?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 330 per nag, vir 6 mense 7 5 1 5 32 Milner Street Umkomaas 4170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.210578921908 30.794697069941

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang