+45

River House Guest Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Vis Arend st, Fish Eagle Bend, Kruger Park South - Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Vanaf R3 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

River House Guest Lodge is op die oewer van die Krokodilrivier geleë en kyk uit oor die Krugerwildtuin. Ons leef in harmonie met die Afrika-bos en is 'n gerieflike 60 km vanaf die Mosambiekse grens geleë, sowel as 50 km vanaf Mbombela (Nelspruit) Lughawe, 30 km vanaf die Swaziland-grens en net 4 uur se ry vanaf Johannesburg se lughawe. Ons doen gereeld wildritte en daguitstappies na Malelane.

Verblyf word gebied in 12 uniek ingerigte en suite-kamers met 2 enkelbeddens of 1 dubbelbed. Die en suite-badkamers het elkeen 'n stort en bad. Haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, dakwaaiers en lugversorging word voorsien. Elke kamer het sy eie balkon met uitsonderlike uitsigte oor die Khandizwe- en Thlalabye-heuwels van die suidelike Krugerwildtuin. Van hier af kan gaste hul oë oophou vir wild, soos leeus, olifante, luiperds, buffels, renosters en nog meer.

Daar is 'n groot grasdak-dek teen die rivier wat dit die ideale plek maak vanwaar gaste die bosveld kan bewonder. Om reg teen die rivier te sit met 'n skemerkelkie in die hand of om net die asemrowende Afrika-sonsondergang te geniet is voorwaar 'n onvergeetlike ervaring. Gaste kan ook in die swembad afkoel of in die Malelane-son baai terwyl hulle die krokodille en seekoeie in die rivier dophou. En as niksdoen te veeleisend raak kan gaste in die gemaklike sitkamer kom ontspan met 'n boek.

By River House Guest Lodge het ons nie TV of radio nie, die enigste nuus in ons gebied is wanneer 'n luiperd by die watergat gewaar is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.2
Gaste se hoogtepunte
Lothar H
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gerus. Dit was nou al die 3de keer dat ons hier was en het ons nie teleurgestel nie.
Jul 2025
Carlos G
Saam met lewensmaat
5.0
Recommend without hesitation. Clean and conveniently located with a great sunset overlooking the Kruger. Congenial host and homely brea...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Philipe N
Gesin met klein kinders
4.8
It provided us with good accommodation near the Malelane Gate. We had a very pleasant stay at River Lodge. The staff were very friendly...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Charity V
4.2
Dankie. Ligging baie goed. Diens goed. Kamer klein.
Jul 2025
Stephan B
Gesin met tieners
4.0
Lekker gerus, gesmul en ons harte is weer bosveldvol! Pragtige ligging. Ontspanne atmosfeer en die personeel was hartlik en bekwaam. Heerlijke boereko...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 16 jaar

Ligging

  • 27 Vis Arend st, Fish Eagle Bend, Kruger Park South - Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink River House Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27 Vis Arend st, Fish Eagle Bend, Kruger Park South - Malelane, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM4MjczNmU4LTY0ODctNDFiNy04NGNhLTM3YjZmYmRiNzg4NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 27 Vis Arend st Fish Eagle Bend 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.489229 31.498968

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang