San Lameer Villa 1603
10 gaste
5 slaapkamers
7 beds
5 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 1603 is op die San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dit is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls. Dié natuurbewarea van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant, kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met lugversorging, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die slaapkamers het koninggrootte-beddens en die derde kamer het 'n koningingrootte-bed. Twee van die slaapkamers het 2 enkelbeddens elk. Vier van die en suite-badkamers het storte, baddens en toilette en die laaste badkamer het 'n stort en 'n toilet. Toiletpapier en seep word voorsien vir die dag van aankoms en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n sitarea en 'n lieflike uitsig oor die swembad en die omgewing. 'n Gasbraai is ook beskikbaar. Hierdie eiendom het 'n rugsteunkragstelsel wat die kragproppe en ligte aan hou.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 96
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 1603 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang