San Lameer Villa 1922
4 gaste
2 slaapkamers
3 beddens
2 badkamers
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 1922 is 'n ekslusiewe selfsorgvilla op San Lameer-landgoed. Die subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, en bied iets aan die hele gesin. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Die villa met lugversorging is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hooflsaapkamer het 'n dubelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke bring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Die eetarea het lugversorging en 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, tafeltjie en 'n slim-TV met DStv and WiFi.
Die skuifdeure lei na 'n stoep met 'n ingeboude braai, 'n etenstafel met 6 stoele en 'n uitsig oor die tuin. Die villa is met 'n watertenk toegerus en bied veilige, aangewese parkeerplek.
Die landgoed bied 'n gemeenskaplike swembad en pragtige see-uitsigte. San Lameer bied ook 'n lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 101
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 10301, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang