San Lameer Villa 2828
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2828, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 2828 is op die San Lameer Landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Dit is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls en bied iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-bewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde kamer het 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Toiletpapier en seep word met aankoms voorsien, maar gaste moet asb. ook hul eie saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 en die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Daar is 'n klein omsetter vir die TV, DStv en WiFi.
Die leefarea lei na 'n stoep met buitesitplek en 'n uitsig oor die omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 96
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2828, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 2828, Lower South Coast, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang