4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Main Road, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
San Lameer Villa 3216 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys spog met wild, fauna, flora en voëls en bied iets aan elke lid van die gesin. Die 200 ha-natuurbewarea spog met 'n 18-putjie kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek sodat gaste maaltye saam kan nuttig. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie.
Die landgoed het gemeenskaplike swembaddens en 'n pragtige uitsig. San Lameer is in 'n lowerryke omgewing met tuine vir pieknieks, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas benut en die voetslaanroetes aandurf.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 96
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Main Road, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 3216 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Main Road, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang