Sandpiper House
12 gaste
6 slaapkamers
7 beddens
7 badkamers
- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 26 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Sandpiper House is 'n ruim moderne villa in Kampsbaai wat asemrowende see- en berguitsigte bied. Dit is 'n entjie se stap van die strand en die lewendige Kampsbaai-promenade af, waar gaste 'n verskeidenheid restaurante, kroeë, winkels en galerye sal vind.
Die villa bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers met en suite-badkamers. Vier van die slaapkamers het 'n balkon met 'n see-uitsig. Daar is ook 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede, derde en vierde slaapkamers elk 'n koningingrootte-bed het. Verder is daar 2 enkelbeddens in die vyfde slaapkamer en nog 'n koninggrootte-bed in die sesde slaapkamer. Elke slaapkamer het lugversorging, 'n TV met DStv-kanale en spog met 'n asemrowende see-uitsig. Die badkamers het storte, toilette en wasbakke. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea het 'n kombuis wat met 'n vyfplaatgasstoof, twee oonde, mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n aparte wynyskas, en 'n Nespresso-koffiemasjien met gratis kapsules toegerus is. Die opwaskamer het 'n dubbelwasbak, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-sitarea en -eetarea het oorgenoeg plek vir ontspanning en gaste kan die asemrowende see-uitsig geniet. Daar is 'n knus TV-kamer met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar.
Die villa spog met 'n groot tuin en verhitte swembad, en dus kan gaste die manjifieke see-uitsig vanaf enige verdieping geniet. Buitegeriewe sluit 'n braai-area en dek terras op die boonste verdieping in, waar gaste óf kan onthaal óf bloot die buitelug kan geniet. Daar is 2 toesluitmotorhuise met direkte toegang tot die villa. Die eiendom is het 'n alarmstelsel en 'n elektriese heining, wat 'n veilige en rustige verblyf verseker.
Sandpiper House het 'n sonkrag-aangedrewe rugsteunstelsel en dus word gaste nie deur kragonderbrekings geaffekteer nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 26 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
26 Geneva Drive, Camps Bay, 8040, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang