+39

SANParks Bontle Rest Camp

  • Kapasiteit: 256 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R510, Marakele National Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
  • Vanaf R391 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Marakele Nasionale Park is in die hartjie van die Waterberge geleë en soos sy Tswana naam lui, het dit 'n "plek van skuiling" vir 'n verskeidenheid wild geword as gevolg van sy ligging in die oorgangsone tussen die droë weste en die klam ooste van Suid-Afrika. Marakele Nasionale Park is 'n malaria-vrye area ongeveer 12 km buite Thabazimbi.

Besoekers kan 'n mengsel van rustigheid, genot en tevredenheid verwag en die park se prentjiemooi omgewing dra aktief by tot dié atmosfeer. Skaars geelhout- en sederbome, die bosveld en berge in die agtergrond, groot groep kransaasvoëls wat deur die blou lug sweef en verskillende wild wat onder op die vlaktes rondloop sorg vir 'n boservaring soos min!

Die Bontle Ruskamp is oorkant die kamp se nuwe ontvangs- en administratiewegebou geleë en is naby die hoof ingangshek.

Die woord "bontle" beteken nie verniet "mooi" in Setswana nie. Dié lieflike ruskamp beskik oor 10 tent-eenhede vir diegene wat 'n permanente struktuur verkies eerder as om hul eie tente op te slaan en self te kamp. Die tent-eenhede het 'n privaat stoep, is toegerus vir selfsorg en het 'n kombuis en buitebraaigeriewe. Die ruskamp bied ook 36 gewone staanplekke met kragpunte wat in 3 areas gegroepeer is. Elke groep het hul eie gedeelde ablusiegeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Elmien T
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, ontspanne, uitgerus, pragtig. Heerlike ervaring, pragtige natuurskoon, skoon ablusieblokke. Kort dalk 'n winkel met local arts en crafts.
Nov 2025
Olaf R
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Peaceful and tranquil.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Spikkels S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gerus. Bietjie benoud gewees om saam met 'n likiwaan die tent te deel. Akkommodasie baie netjies en skoon.
Sep 2025
Chrismari D
Gesin met klein kinders
5.0
Watter ek lekker om te bly - en hulle sien my gou weer Die bly plek is skoon, le. Wat 'n lekker plek om by te bly - en hulle sien my gou weer. Die bly...
Sien meer
Aug 2025
Ronel M
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly. Safari tent vir 4 persone is baie netjies en skoon. Lugversorger en warm komberse 'n pluspunt. Kombuisie goed toegerus en lieflike ...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1996

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Off the R510, Marakele National Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
  • Gaste dink SANParks Bontle Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 391
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 391
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 391
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 256 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R510, Marakele National Park, Thabazimbi, 0387, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAM7q0Eq9cKusqJM6xwpKY3mEee1KtfR0NNXAdkYLNz62VeoDcC4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R391 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 Off the R510 Marakele National Park 0387 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.520986 27.492618
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang