Singing Dogs Lodging
2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Glen Garrif, 11, East London, 5201, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Singing Dogs Lodging is in die dorpie Glengariff wat tussen die sandduine op die Jikaleza-roete aan die Ooskus skuil. Dit is amper halfpad tussen Gonubie en Chintsa gleeë en is net 'n hanetreetjie vanaf die see en stapafstand vanaf die strand. Dis die ideale verblyf vir 'n naweekwegbreek of 'n somervakansie.
Gaste sal met aankoms deur die opgewonde Singing Dogs ontmoet word wat hulle vriendelik sal groet. Die honde sal graag saam met gaste op hul strandwandelings wil gaan.
Singing Dogs Lodging is vas aan die hoofhuis en het 'n aparte parkeerplek en ingang. Die eenslaapkamer-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is oopplan met die sitarea en dis met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland waar gaste hul maaltye kan geniet. Die sitarea het gemaklike rusbanke en groot vensters wat 'n lekker seebriesie inlaat. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n lieflike stoep met sitplek en 'n uitsig oor die grasperk en braai-area waarvan gaste gebruik kan maak. Parkeerplek is vir 1 voertuig reg langs die eenheid beskikbaar.
Glengariff word omring deur wildsplase, soos Arena en Inkwenkwzi. Crossways Village Centre is 5 minute se ry ver en daar is winkels, strandkafees, kroeë en 'n apteek. Glengariff het 'n pragtige sandstrand en talle visvang- en branderplankrybestemmings.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.7/5
Jenny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Glen Garrif, 11, East London, 5201, Oos-Kaap
- Gaste dink Singing Dogs Lodging het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Glen Garrif, 11, East London, 5201, Oos-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang