+59
Selfsorg in Gauteng

Magubela farm lodge

10 gaste

4 slaapkamers

6 beds

2 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • 76 Bushwillow Road, Onspoed, Bronkhorstspruit, 1020, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

Magubela farm lodge is 'n kunstige selfsorgplaashuis in die prentjiemooi heuwels en valleie van die Wilgerivier. Die vakansiehuis bied al die luukshede en geriewe wat gaste vir 'n troeteldiervriendelike wegbreek benodig.

Dié huis het slaapplek vir 10 gaste, maar voorsiening kan vir 5 ekstra gaste gemaak word indien dit vooraf gereël word. Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak, 'n toilet, 'n bidet en 'n Jacuzzi-spa-bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 3 kamers deel die tweede badkamer met 'n dubbelstort, wasbak en toilet.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof, vrieskas, ketel, broodrooster en 'n filterkoffiemasjien toegerus. Die hoofleefarea het 'n etenstafel met sitplek, en daar is 'n aparte TV-sitkamer met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. Die huis het ook 'n ingeboude kroeg wat na die patio-sitkamer lei met 'n ingeboude braai-area.

Gaste kan skemerkelkies op die dek, in die Jacuzzi met sitplek vir 6, of by die boma geniet. Gaste kan ook afkoel in die vlak 1,2 m-rotsswembad wat 'n waterval en saans gekleurde ligte het wat verander. Daar is 2 buitetafels met bankies en 'n lieflike hangmat onder 'n skaduryke boom.

Magubela farm lodge is sowat 90 km van Pretoria en 113 km van die O.R Tambo Internasionale Lughawe af geleë.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.8
Veiligheid
4.2

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Bongani Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 76 Bushwillow Road, Onspoed, Bronkhorstspruit, 1020, Gauteng
  • Gaste dink Magubela farm lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 5 000
per nag (plek vir 10)
Bespreek

76 Bushwillow Road, Onspoed, Bronkhorstspruit, 1020, Gauteng

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 12:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA721f3513507d15fd71cd65eca105973410c15b060f703aa3a2e21201a1ce19967a1825848647dbcc665ba97a2eaa0b855e12?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag, vir 10 mense 11 5 1 5 76 Bushwillow Road Onspoed 1020 Gauteng 021 201 8901 11:00-23:00 12:00 -25.78242573412 28.942494392395
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang