16 gaste
6 slaapkamers
9 beddens
5 badkamers
- Slaapplek vir 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - R33 Stillbosch Game Farm, Stillbosch Game Farm, Vaalwater, 0530, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Net 2.5 ure se ry van die stad af lê Stillbosch Safari Lodge, ’n rustige bosveldwegbreek.
Omring deur die stilte van die Waterberge, is dit die ideale plek om te ontspan, saam te kuier en die stadsgejaag agter te laat. Vir ekstra ontspanning beskik die lodge ook oor ’n spa op die perseel, waar gaste kan bederf word met behandelings terwyl jy die rustigheid van die bosveld ervaar.
Die lodge bied luukse en ruim verblyf vir tot 12 volwassenes, met die moontlikheid om 5 ekstra kinders (onder 12) met vooraf reëling te akkommodeer.
Die villa bestaan uit:
• 6 ruim slaapkamers met koninggrootte beddens
• 6 badkamers, waarvan 5 en suite is
• Die 6de badkamer is semi en suite
• Linne en badhanddoeke word voorsien
Die oopplan leefarea is ontwerp vir gemak en saamkuier, met ’n volledig toegeruste kombuis wat alles het wat jy nodig het – van ’n gasstoof en elektriese oond tot eetgerei en koffiemaakgeriewe.
Die sitkamer bied:
• ’n Warm kaggel vir koel bosveldaande
• Gerieflike sitplek
• TV en gratis WiFi
Buite wag die regte bosveld-ervaring:
• Houtdek met swembad en sonstoele
• Groot onthaalarea met kroeg
• Boma vir lang kuieraande om die vuur
• Pizza-oond vir gesellige etes saam
Om jou verblyf nog gemakliker te maak, bied Stillbosch ook voltydse housekeeping, sodat jy werklik kan ontspan sonder om oor die klein dinge te bekommer. Stillbosch is meer as net ’n plek om te bly – dit is ’n plek om weer asem te haal, saam te lag en herinneringe te maak.
Perfek vir:
• Families
• Vriende se wegbreek
• ’n Stil bosveldnaweek
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R33 Stillbosch Game Farm, Stillbosch Game Farm, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Gaste dink Stillbosch Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R33 Stillbosch Game Farm, Stillbosch Game Farm, Vaalwater, 0530, Limpopo
Sien kaart- Slaapplek vir 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang