+16
Selfsorg in Bloemfontein

Swerwersrus Farm Stay - Wynstoep

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.5
Veiligheid
4.2
Kevin P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Uitstekende plekkie! N pragtige plek vir twee wat regtig mooi uit een gesit is. Ons het een aand gebly en sommer wors gebraai vir aandete. Dit is een van die min plekke waar jy waarlik kalm kan wees en veilig voel oor jou diere buite met die omringende heinings. Julle sal ons weer sien, ek is seker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sanette G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Ontspannend. Heerlike rustige omgewing en eenheid skoon, netjies en gerieflik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Timothy D
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2025

Exactly as was needed. A home away from home. It was great being there in the open fields and the quiet areas are well appreciated from the farm that's away from the cities.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel V
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Feb 2026

Mooi plaas akkommodasie wat hondevriendelik is. Ons het net vir een nag by Wynstoep gebly. Ons het alle inligting per WhatsApp ontvang van die vriendelike gasvrou, asook die pin vir die sleutel en aanwysings. Die in- en uitklok was baie gerieflik. Die hele area was omhein en veilig. Daar was onderdakparkering en die in- en uitpak was maklik. Die akkommodasie was ruim en het alles ingehad wat jy benodig. Die dubbelbed het wit linne opgehad, en groot wit badhandoeke was voorsien. Daar was handseep en handeroom in die badkamer, die water was gou warm in die stort en jy kon 'n lekker warm stort geniet. Daar was geen spieel by die wasbak nie, en man kon nie skeer nie, dit was baie ongemaklik en onprakties. Daar was wel 'n spieel in die kas in die kamer, maar ongemaklik om jou grimeering aan te sit, dit was ook donker met net een lig. Die kombuis het 'n groot yskas gehad en was goed toegerus. Ek weet dis op 'n plaas, maar daar is 'n groot mierprobleem. Jy kon niks op die toonbank sit nie, asook die honde se kosbakke op die vloer was binne sekondes vol miere. Ek verstaan ook dat gif nie gespuit kan word nie aangesien dit 'n hondevriendelike eenheid is. Wat nog 'n probleem vir ons was, is dat daar net 'n firepit was, dit is 'n oulike idee om net daarvoor die vuur te sit, maar om daar te braai was ongemaklik. Jy moet jou eie braaihout voorsien. Die firepit is te laag en die stoele is net so laag, dis ongemaklik en toe dit begin drup was dit 'n probleem. Daar was ook nie 'n tafel om by te eet buite nie. Ongelukkig was daar ook nie WiFi nie. Die eenheid is ruim en baie mooi, maar ontbreek 'n klomp goed, ek sal eerder StoepSit aanbeveel as 'n meer gemaklike verblyf.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Mariska N
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Jan 2026

Baie mooi en netjies, maar het instandhouding nodig. Swerwersrus - Wynstoep is in 'n baie mooi area op 'n plot geleë. Daar is 'n groot omheinde erf met 'n dam, vrugtebome en 'n priëel waar ons hond heerlik kon rondhardloop. Ons het 'n pragtige sonsondergang van daar gesien. Binne die huis was alles modern, skoon en netjies, maar met ons aankoms was daar geen krag en water nie, die yskas was warm, die vrieskas ontvries met water op die vloer en ons moes vir 2 ure in die donker sit en wag voordat die eienaar krag kom laai het. Net 'n paar voorstelle van goed waaraan aandag gegee kan word om dit 'n top-akkommodasie te maak: 'n Paar van die kombuiskasdeure hang skeef en kan nie toegemaak word nie. As 'n mens die boonste kombuislaai ooptrek, kom die onderste een saam. Die kamerdeure haak aan die vloer. Toe ek die blinding in die sitkamer wou ooptrek, het dit heeltemal van die muur afgekom. 'n Spieël in die badkamer, asook handdoekrelings/hakies vir handdoeke en badkamersakkies en 'n rakkie in die stort sou 'n groot verskil gemaak het. Stukkende items soos die vullisblikdeksel en die bedlampie se skakelaar wat nie werk nie, skep 'n swak indruk. Wat ons baie gepla het, was dat die buitelig glad nie 'n skakelaar het om dit af te skakel nie. Aangesien die kamers net blindings het (wat nie almal behoorlik werk nie), het die lig heelnag ingeskyn en goggas het so voor die voordeur vergader dat dit moeilik was om in- of uit te gaan. Beskou hierdie asb. as konstruktiewe kritiek en nie net klagtes nie. Met 'n bietjie aandag kan Wynstoep een van die beste selfsorghuise in Bloemfontein wees. Op die ou einde het ons lekker daar gebly.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Luandi R
1 nag
1.0
Jul 2025

Ys koud. Die huis was so koud en daar was geen beddegoed gegee vir my kind nie, net fleece kombersies.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 31

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 1 020
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 020
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Meadhurst Avenue, Bainsvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 3 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA96d25ac085547336346ae66443e141429ae58fb36704a33fbd36afe17928cf9dbff6f07a4c134787b788b3a984f7f9c57048?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 020 per nag, vir 3 mense 6 5 1 4 Meadhurst Avenue Bainsvlei 9301 Vrystaat 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -29.06149342862 26.087895218508
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang