+83
Gastehuis in Vincent Heights

The Blue Door Guesthouse

  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 15 Portulaca Road, Vincent, East London, 5247, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

The Blue Door Guesthouse bied selfsorg- en B&B-verblyf aan 4 gaste in 'n rustige omgewing in Vincent, Oos-Londen. Dis net 2 km vanaf verskeie besighede, winkels en leefstylsentrums.

Verblyf word in die Executive Suite en 'n Monderne Koninginwoonstel aangebied.

Die Executive Suite bied slaapplek aan 2 gaste en is 'n oopplan-ateljee. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die sitarea het 'n rusbank en 'n TV met Netflix. WiFi is beskikbaar. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Skuifdeure maak op 'n dek met 'n tafel met sitplek vir 2 en 'n uitsig oor die tuin oop.

Die Moderne Koninginwoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n plafonwaaier, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het 'n TV met Netflix en WiFi is beskikbaar. Daar is basiese verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskassie. Die woonstel lei na sy eie binnehof.

Daar is veilige parkeerplek in 'n motorhuis op die perseel.

The Blue Door Guesthouse is ideaal geleë naby die strand, verskeie besighede, winkels en leefstylsentrums. Daar is restaurante vir elke smaak, vermaak vir die hele gesin en selfs put-put.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Erika V
5.0
Lekker stil oornag verblyf. Lekker stil en mooi area. Alles wat mens nodig sal hê vir 'n oornag. Die waaier het goed te pas gekom, want dit was baie w...
Sien meer
Feb 2026
Amy S
Saam met lewensmaat
5.0
Cozy, safe and friendly. Cozy, safe and friendly. The stay we had here was wonderful and is great for a one night stay or business trav...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025
René D
Saam met lewensmaat
4.8
Rustige omgewing, veilig en privaat. Ons het lekker gebly. Goed ingerigte, mooi skoon kamer en daar was genoeg spasie om rond te beweeg. Dalk te veel ...
Sien meer
Jan 2026
Sonica D
Gesin met tieners
4.8
Lieflike akkommodasie! Pragtige kamers is daagliks gedien.
Mrt 2025
Sphumelele N
Saam met lewensmaat
4.6
Comfortable and enjoyable. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marilize Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 15 Portulaca Road, Vincent, East London, 5247, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Blue Door Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek

15 Portulaca Road, Vincent, East London, 5247, Oos-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA620cc68c3278617cbcdd4eb2612a8fb99b5574986bd9c2f7c0c155cca6f6e6ed420343227602a05fd5a5514617cb136bb325?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 15 Portulaca Road Vincent 5247 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -32.977820952192 27.916369361972

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang