The Red Roof
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moffat-weg 17, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
The Red Roof bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim eenheid in Bela Bela, Limpopo. Dit is ideaal vir 'n klein gesin wat op soek is na 'n wegbreek.
Dié woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het ook 'n enkelslaapbank vir ekstra slaapplek. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n wasbak, toilet en 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n gemaklike slaapbank en 'n TV met OpenView-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is 'n gemeenskaplike braai-area in die Lapa, 'n swembad war deur die son verhit word, asook 'n Jacuzzi. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Ligging
- Moffat-weg 17, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moffat-weg 17, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom