Pick your preferred language

English

Afrikaans

+94
Selfsorg in Drie Susters

Three Sisters Guest Farm

  • 26 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Three Sisters Guest Farm is 900 m van die N1 en bied rustige oornagverblyf op 'n werkende skaapplaas onder aan die bekende Drie Susters-heuwels. Hierdie is die oorspornklike plaas Three Sisters waarop die benkende landmerk van die drie koppe is. Dit is die ideale opsie vir reisigers omdat dit so naby die N12 is wat na Victoria-Wes en Kimberley.

Hierdie gasteplaas bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste. Die meeste kamers het enkel- en driekwartbedddens terwyl sommige kamers dubbelbeddens het. Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n stort en 'n bad. Alle linnegoed en badhanddoeke word verskaf, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke kamer het ook 'n koffiestasie, yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Kamer 6 het egter 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie. Hierdie kamer het 'n privaat ingang en 'n stoep met 'n tafel en stoele.

Alle kamers het toegang tot 'n braai-area met braaitoerusting. Gaste het toegang tot die pragtige, groot tuin en die swembad. Verskeie plaasdiere sal gereeld hul verskyning maak en gaste kan ook draf of fietsry op die plaas.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 179 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Leon E
Gesin met klein kinders
5.0
Langpad gerieflike verblyf. Ons het die verblyf by Three Sisters Guest House baie geniet. Dit is veilig, die diens en atmosfeer was baie vriendelik en...
Sien meer
Des 2025
Tanya L
5.0
Gemaklik, skoon en veilig. Het baie lekker gebly.
Des 2025
Andre N
Gesin met tieners
5.0
Perfekte midstop en baie gasvrye mense. Perfekte mid-stop so tussen die lang strekke van verskillende dorpe. Bied wat jy nodig het om uit te rus vir d...
Sien meer
Des 2025
Nikette L
Saam met vriende
5.0
'n Onverwagse oase en 'n pragtige plek. Lekker gebly en pure Karoo-omgewing geniet. Verblyf is gerieflik, huislik en hartlik. Sal definitief weer gaan...
Sien meer
Des 2025
Yolandi D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Ons het dit baie geniet. Was so rustig gewees en het lekker geswem. Pragtige tuin.
Des 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Nicolette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 179

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Three Sisters Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek

N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 26 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAee228c8c26ac8d5b7e023842a99e6f531fd4172e2ac8247fc8e78ec7d1a31443f1e3b1a11f1d785d3680833570d8e2290f0a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 179 5 1 5 N1 Three Sisters Farm 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -31.894465547036 23.096179962158
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang