Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Under The Pecan Tree

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Doulien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 8 resensies vir Under The Pecan Tree
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5
Alida V - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alida V

Perfek vir kort verblyf.

Het heerlik gebly; die eenheid is baie goed toegerus en uiters gerieflik geleë. Dis meer privaat as op die foto, danksy 'n plantheining. Ek kan dit beslis aanbeveel. Elektriese komberse op die bed was fantasties, want die plekkie is wel nogal koud (ons was in die winter daar), ten spyte van twee paneelverwarmertjies. Handdoeke, byvoorbeeld, word dus nie droog nie. Behalwe vir die bedlampies se herlaaibare gloeilampe is daar ook geen alternatiewe ligte om tydens beurtkrag te gebruik nie (dalk vanweë diefstalrisiko – heel verstaanbaar). Daar is wel 'n paar kerse. So as kerse nie jou ding is nie, neem maar 'n herlaaibare LED-liggie saam vir die badkamer of vir ekstra lig in die kombuisgedeelte. Daar is nie baie hangplek vir klere nie (die hangplek op die foto is vervang met 'n ander kas). Dit het ons egter nie gepla nie.

Philip N - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip N

Gesellige en knus woonstel in boomryke tuin met alles wat jy nodig het. Vriendelike gasvrou.

Ons was aangenaam verras met die pragtige interieur en het heerlik gebly. Het veilig gevoel en sal die woonstel as oornagbestemming aanbeveel.

Philippus V - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philippus V

Uitstekende privaat eenheid met alles wat ons nodig gehad het.

Eienaar was baie vriendelik en behulpsaam al het die TV nie gewerk nie. Kom beslis terug na die uitsonderlike groot pekanneutboom.

Under The Pecan Tree se terugvoer

Baie dankie Flip. Julle was wonderlike gaste. TV uitgesorteer. Iets met die kabels wat verkeerd was. Groete

Under The Pecan Tree
Miekie H - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Miekie H

Sal beslis weer daar gaan bly.

Baie lekker gebly. Awesome gasheer en gasvrou.

Wilna V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilna V

Baie veilig en privaat. Ongelooflike mooi plek.

Doulien is baie gasvry en verwelkomend. Skoon en netjies. Goed toegerus. Pragtige tuin. Bed liggies brand tydens kragonderbrekings en sy het kookwater aangebied vir koffie vroeg die oggend agv die kragonderbreking. Sy het ook ekstra inligting deur gegee rakende die omgewing en die tyd en afstand na ons afspraak toe. Ek sal vir seker weer van die plek gebruik maak.

Under The Pecan Tree se terugvoer

Dankie vir jou mooi resensie, Wilna.

Under The Pecan Tree
Daniel S - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Daniel S

Waarde vir geld maar WiFi is 'n ontbrekende vereiste in 2023.

Dankie, het lekker gebly.

Gert G - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Gert G

Baie lekker oornag in 'n gemaklike en gerieflike verblyf.

Ons het baie lekker oornag by die akkommodasie. Die eenheid was gemaklik en gerieflik en baie goed geleë. Ons kan enige toekomstige kliente aanraai om van die akkommodasie gebruik te maak.

Zilian E - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Zilian E

Stil en privaat omgewing. Pragtige tuin. Baie netjies en goed ingerig. Sentraal naby groot inkopiesentrums. Gasvrou baie vriendelik en behulpsaam.

Net 'n dakwaaier en te direk op bed. Aircon sal ideaal wees in sitarea. Oorweeg inverter vir loadshedding. Troeteldiere is vroeg soggens bietjie raserig.

Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kirkby-straat 1250, Queenswood, Pretoria, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb7d1f5012a220b2d48481352d76f84f3e1270dc05e5998818e725b2a0824997d38badce208aba258efc35099fab54a0c7699?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 1250 Kirkby Street Queenswood 0186 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.730036821959 28.254015750892

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang