Villa Seaview
10 gaste
5 slaapkamers
5 beds
4 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - 40 Coney Glen Road, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Villa Seaview is 'n lieflike vakansiehuis heel bo op die Oostelike Knysnakoppe geleë en bied 'n ongelooflike uitsig oor die Indiese Oseaan vanuit byna elke kamer. Die villa is 7 km vanaf Knysna se middedorp en 7,3 km vanaf die Knysna Waterfront.
Dié villa beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Daar is slaapplek vir 10 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 'n stapelbed en die ander 3 kamers het elk 'n koninggrootte-bed. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar.
Die moderne kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe en etenstafel toegerus.
Daar is 2 sitkamers met oop kaggels, 'n TV met sekere DStv-kanale en onbeperkte WiFi.
Die villa het 'n swembad met 'n uitsig en oorgenoeg areas om in te ontspan. 'n Skoonmaakdiens is Maandae, Woensdae en Vrydae beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is nie op openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Die villa het 'n alarm wat aan gewapende reaksie gekoppel is. Al die hekke word met 'n afstandbeheer oop- en toegemaak.
Knysna bied gerieflikheidswinkels, boetiekwinkels, kunsmarkies, koffiewinkels, kroeë en heerlike restaurante. Doendinge in die area sluit skubaduik, snorkel, gholfspeel, bootvaar, visvang, stap in die woud, voetslaan en kanovaart in.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Claire Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 40 Coney Glen Road, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
40 Coney Glen Road, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang