Waterfront Cottage F3
6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - South Long Island Street, Swakopmund, Namibia, Erongo Sien kaart
Beskrywing
Waterfront Cottage F3 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in Swakopmund en bied ontspanning en geleenthede vir avontuur net 'n entjie vanaf die strand. Hiér kan gaste die geluide van golwe en die seebriesie geniet en langs die kuslyn gaan wandel.
Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n aparte toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, 'n wasmasjien, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 'n sitarea met sagte sitplek en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die sitarea lei na 'n eetarea met 'n ingeboude braai.
Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar en hierdie woonstel is stapafstand vanaf 'n winkelsentrum met 'n verskeidenheid winkels en restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Perfectstay Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 19
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- South Long Island Street, Swakopmund, Namibia, Erongo
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
South Long Island Street, Swakopmund, Namibia, Erongo
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang