Wooden House - Living the Breede
10 gaste
5 slaapkamers
6 beds
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Plot 397, Main Road, Malgas, 6740, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Wooden House is 'n selfsorghuis in Malgas in die Wes-Kaap en dit spog met 'n asemrowende uitsig oor die Breederivier en op die berge.
Die dubbelverdiepinghuis met lugversorging bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en 1 van hulle het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 aparte badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet en 1 van hulle het ook 'n bad.
Die oopplanleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, 2 mikrogolfoonde, 'n yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, lugbraaier, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die etenstafel het sitplek vir 12 en die sitarea het gemaklike sitplek, 'n slim-TV met YouTube en Netflix en gratis WiFi. Die huis is met sonpanele toegerus om kragonderbrekings tydens beurtkrag te vermy.
Daar is ook 'n binnebraai-area met nog sitplek, 'n kombuisie en 'n yskassie.
Buite op die stoep is daar 'n uitsig oor die rivier, nog 'n braai-area onder die bome en 'n jetty vanwaar gaste kan visvang. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 60
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Plot 397, Main Road, Malgas, 6740, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Plot 397, Main Road, Malgas, 6740, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang