7 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- The Canals 03, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
The Canals 3 bied selfsorgverblyf op 'n landgoed tussen Jeffreysbaai en Astonbaai.
Die verblyf bied slaapplek aan 6 volwassenes en 1 kind en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n aparte toilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.
Die slaapkamers en badkamers is op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Hierdie kamer het 'n balkon met pragtige uitsigte oor die kanaal. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n koningingrootte-bed aan die onderkant en 'n bed vir 'n kind aan die bokant. Gaste in hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers het staanwaaiers.
Die oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea, asook die aparte toilet is op die ondeste verdieping. Die kombuis is met 'n stoof, oond, ketel, broodrooster, koffiemasjien, toonbank met stoele en 'n aparte opwasarea met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en daar is gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met Netflix, Prime Video, BritBox en Apple TV in die sitarea. Skuifdeure lei na die dek met 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n ingeboude braai. Twee kajakke is beskikbaar vir gaste se gebruik. Hierdie verblyf maak van sonkrag gebruik.
Marina Martinique is 'n skilderagtige landgoed met 24 uur-toegangsbeheerde sekuriteit. Dit spog met kronkelende kanale en pragtige huise langs die kanaaloewers. Die strand is net 'n paar minute ver en restaurante is ook naby.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Andre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- The Canals 03, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap
- Gaste dink The Canals 3 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
The Canals 03, Marina Martinique, Jeffreys Bay, 6332, Oos-Kaap
Sien kaart- 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang