Geverifieerde Resensie
Baviaanskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Baviaanskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 106 resensies.
"Kort dalk net meer aanwysings wat die kilometers na die opvolgende plekke wys en wat ook dan so op die kaart aangebring word om meer te bepaal waar jy is."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Los jou Sedan by die huis en gaan met 'n bakkie of 4x4! Hou jou hart vas vir die asemrowende tonele!"
"Wou gaan kyk hoe lyk dit daar maar om 500 km net daarvoor te ry? Die geskiedenis en kloof het wel fassinerende inligting en tonele."
"So in die natuur kan jy jouself gun en dan voel dit soos 5ster weelde in die ongekunstelde omgewing. Ek sal die pad verder nie aanbeveel nie. Tot by Baviaanskloof was dit goed maar die res van die pas was nie geskik vir 'n Tucson nie. Nee ek sou liewer nog 'n nag daar gebly het en die onbegaanbare pad in die pas uitgelaat het."
"Die Baviaanskloof self is 'n ervaring soos min en een van die "moet doen" dinge as jy lief is vir die agterpaaie. Ons het die roete met 'n "sagte" sportnutsvoertuig (met goeie grondvryhoogte) aangedurf na goeie reën - en steeds die roete maklik voltooi. Vriendelike mede-gebruikers het die tog verder aangenaam gemaak."
"Die natuur is 'n belewenis maar as jy deur die wildernisgebied wil ry het jy verseker ten minste 'n hoë voertuig met "diff lock" of 'n 4x4 nodig."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Baie mooi, bietjie uitputtend om die hele kloof in een dag deur te ry. "
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"