Geverifieerde Resensie
Baviaanskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Baviaanskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 139 resensies.
"Kareedouw is 'n lieflike dorpie, maar Joubertina was bietjie van 'n teleurstelling maar beplan om weer daar besoek te gaan aflê."
"Ons het deur die hele kloof gery. 'n Mens het 'n 4x4-voertuig nodig. Dis nie oral maklik om te ry nie, maar dis 'n ongelooflike ondervinding."
"Ek hoop nie die Baviaanskloof-verblyf word oral so duur en eksklusief nie. Ek hou van die basiese huisies wat dit vir ons Suid-Afrikaners ook moontlik maak en nie net op buitelandse toerisme fokus nie. "
"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "
"The through road to Patensie was closed at 5 different places due to trees being blown over the access roads. Can see no validity for the access fees to the Park if they do not travel over it themselves daily to ascertain its condition."
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Daar is baie verskuilde afdraaipaaie waarvan die toeris nie bewus sal wees as hy net deur ry nie: grondpaaie na die Kouga wildernisgebied, Twee Rivier se hoek asook by Joubertina en Krakeelrivier. Vanaf Twee Rivier kan met 'n grondpad gery word al agter die berge tot by Louterwater. Mooi natuurskoon tussen die plase deur. Op die oog af is die dorpie verwaarloos en dit word deur die droogte vererger, maar dit is 'n juweel. Ernstige stappers kan ook Pick Formosa uitklim en dan die see, Tsitsikamma en Plettenbergbaai sien. (ek het in die Langkloof groot geword)"
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Belfry Kitchen by Tweeriviere, Joubertina is voorwaar 'n aantrekkingskrag vir toeriste. So ook die buiteklub se restaurant - die kos en bediening is baie goed."
"Kort dalk net meer aanwysings wat die kilometers na die opvolgende plekke wys en wat ook dan so op die kaart aangebring word om meer te bepaal waar jy is."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Ons was nou nie baie in die dorp self nie, maar dit is 'n pragtige plek."
"Joubertina is baie klein en daar is nie veel om te doen nie. Die kitsbanke is buite werking en strate is in 'n baie swak toestand."
"The Meat pies sold at Apple County Take Away are excellent and the Boerewors sold at Bokmakierie Butchery are a must!"
"Rustige dorp met heerlike eetplekke. Baie vriendelike mense. Sal beslis weer daar 'n draai gaan maak."
"Los jou Sedan by die huis en gaan met 'n bakkie of 4x4! Hou jou hart vas vir die asemrowende tonele!"
"If you buy everything at home before going there that is fine, but you can't really buy stuff there. Not really shops to see, you need to travel to Humansdorp to the shops. I't is a farm area, just the minimum. But further great."
"Wou gaan kyk hoe lyk dit daar maar om 500 km net daarvoor te ry? Die geskiedenis en kloof het wel fassinerende inligting en tonele."
"So in die natuur kan jy jouself gun en dan voel dit soos 5ster weelde in die ongekunstelde omgewing. Ek sal die pad verder nie aanbeveel nie. Tot by Baviaanskloof was dit goed maar die res van die pas was nie geskik vir 'n Tucson nie. Nee ek sou liewer nog 'n nag daar gebly het en die onbegaanbare pad in die pas uitgelaat het."
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"