Geverifieerde Resensie
Bettysbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bettysbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 376 resensies.
"Ons hou van rondsnuffel, so ons het dit geniet om ook die botaniese tuine by Bettysbaai te besoek. Kleinmond en Pringlebaai is ook naby. Beslis die moeite werd vir 'n besoek."
"Bettysbaai is 'n pragtige plekkie om te gaan stil raak en jouself weer te vind. Daar is ook baie om te doen in die omgewing en is heerlik sentraal."
"Die ongereptheid, die grondpaaie en stilte was absoluut wat ons nodig gehad het. Dis naby genoeg aan Hermanus en Die Strand vir aankope, maar ver genoeg van al die woelighede om net in vrede asem te haal en die stadsgejaag te ontsnap."
"Die mense is vriendelik en die alom atmosfeer van die dorpie is rustig en ontspanne. So maklik om van hier die res van die omgewing te besoek."
"Ons kuier gereeld in Bettysbaai, dis naby genoeg aan die Kaap vir 'n vinnige wegbreeknaweek"
"Botaniese tuin was besonders en kan 'n hele dag in beslag neem. Baie verras met Gnocchi - puik restaurant."
"Rather exposed to wind but otherwise we enjoyed being there and in the area. Easy reach of Harold Porter Nature Reserve."
"Baie veilige, skoon omgewing. Ons het heerlik gestap en die plantegroei en strande geniet."
"Dit is n pragtige, rustige plekkie en die dolfyne was dierbaar en so mak. Die mense baie vriendelik. Baie mooi omgewing."
"Die plantegroei in die omgewing is so deel van die huise. Maak dit baie besonders. Die feit dat daar geen straatligte is nie maak die omgewing donker om die natuur so te geniet. Baie veilig. Ons is mal oor Betty's Bay."
"Absolutely beautiful town. Love the scenic beauty and the fynbos and the birds and the penguins."
"Very small and very quiet town with mainly gravel roads, but a true gem. Don't expect any grocery stores so rather buy everything you need in one of the bigger towns."
"Betty's Bay is a good place to visit because of the nature. We visited the penguins, I enjoyed spending time with them."
"If you need peace and tranquillity, Betty's Bay is the place for you. Beautiful white, sandy beach to take a stroll on. Not loads to see, yet you are situated centrally between Somerset and Hermanus that has plenty."
"Rustige dorpie, ideale sentrale ligging om die Overbergkus vandaar te verken, met addisionele voordeel van kort reistyd na moderne inkopiesentrums in Somerset-Wes, of Kaapstad, of wynkelders."
"Bettysbaai is 'n ideale bestemming tussen see en berg. Pragtige swemstrande, botaniese tuine en pikkewynreservaat. Staproetes en vleie om in te swem en dis nog baie min gekommersialiseer, met net 'n paar winkels."
"Die dorpie sien my weer. Dit is waar ek eendag wil aftree met my eie huisie by die see."