Geverifieerde Resensie
Betty's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Betty's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 303 resensies.
"Lieflike gemeenskap. Die bure het my in die regte rigting gehelp toe ek so 'n bietjie verdwaal het."
"Bettysbaai is propvol historiese geskiedenis, die mooiste staproetes in die berg, die pragtige strande en dan natuurlik die opwindende diere van pikkewyne na walvisse en selfs as jy gelukkig genoeg is mag jy dalk net die luiperde ook raakloop. Definitief iets om te beleef."
"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."