Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."
"Dorp onnet en redelik vervalle. Kan verstaan dat Covid 'n impak gehad het, maar kry indruk dat almal opgegee het. Dink besigheidseienaars moet terugploeg om dorp netjies te kry. Dit sal ook help met werkloosheid. Goeie ligging tussen Gauteng en Kaap."
"We found a great restaurant and had a fantastic dinner although our first choice was closed."
"Die dorp is niks nie en als is duur wat daar is, maar dit is platteland en in die boendoes. Maar die paaie is baie mooi en geen potholes nie. "
"Books, books and books. Beware - only Diesel 10 is available at the garage (they call it Diesel 50 low sulfur or something like that!)"
"Plek wat besoek moet word. Slaap twee nagte oor. Jy het minstens 'n hele dag en 'n bietjie nodig om alles te beleef en te sien."
"Ons het net verbygery en nie die dorp self gesien nie. Die dorp is wel gerieflik geleë as 'n mens langpad ry. Die N12 vanaf Hopetown oor Britstown tot by Drie Susters is regtig baie goed met baie rusplekke wat mooi skoon is, en dis meer gesê as vir die orige 1130 km wat ons nou deur die land gery het."
"Rated four stars for travel destination as I do not know the area very well."
"Baie nice plek en deel van ons geskiedenis! Altyd 'n besoek werd!"
"Very cute town with great atmosphere. People are vey friendly."
"'n Absolute juweel, sal volgende keer beslis meer tyd daar deurbring. Manna vir die siel."
"Absolutely, a definite destination for anyone interested in South African places of interest."
"Ongelukkig kan ons sê - "been there, done that". Ons sal die dorp nie weer besoek nie, maar dit was 'n aangename ondervinding om die Uilhuis te beleef."
"Goeie potensiaal. Dorpie het relatief goed behoue gebly. Dorpie is nie totaal verwoes soos vele ander klein dorpies in SA nie."
"Bietjie bekommerd oor veiligheid in die buurt. Ons het liewer gery om aandete twee strate weg te kry, want daar was 'n paar rondlopers in die straat."
"Pragtige dorp, vriendelike inwoners, goeie restaurante en besienswaardighede. Puik toerismebestemming."