Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"Vosburg was 'n groot verrassing. Die dorp is in 'n baie goeie kondisie. Net baie stil. Wat vreemd, maar nie onaangenaam, was nie. Ons het die duisende swaeltjies en mak kraai baie geniet. Selfs die baie sprinkane was 'n groot belewenis."
"Nie eintlik daar rondgekyk nie. Net sy geskiedenis gegoogle. Was te haastig om by die oornagpunt te kom."
"Ken die area en verblyfplekke nie juis goed nie. Slaap net altyd by Kambroo oor vir die ligging en afstand tussen begin en eindpunt."
"Sondagoggend - presies 1 plek oop vir ontbyt, uit die 5 beskikbare fasiliteite? Miskien afseisoen!"
"Verwaarlooste ou dorpie, met baie bedelaars. Die munisipaliteit doen onreg aan die dorpie."
"Pragtige weggesteekte juweeltjie in die berge. Maak tyd om ten minste 'n dag daar te spandeer."
"Was bekommerd oor veiligheid, maar dit was uiteindelik geen probleem nie. Daar is baie meer aan Hanover as wat mens aanvanklik van die N1 af sien."
"Die plaaslike inwoners is vriendelik en behulpsaam. Die dorpie is netjies en 'n mens kan alle noodsaaklikhede daar kry. Daar is 'n verskeidenheid van mooi, ou geboue en die trappies op Trappieskop waarvandaan 'n mens oor die hele dorp en omgewing kan kyk."
"Ons het verlief geraak op die skoon en rustige dorp. Die mense se vriendelikheid het ons dadelik opgeval en almal groet. Dankie Vanderkloof dit was goed."
"Daar is niks te doen nie. Dit is perfek vir 'n oornagplek tussen Potchefstroom en Kaapstad."
"Die klein Karoodorpie is seker die rustigste en skoonste dorp in die Karoo. Dit kom altyd voor of die mense van Vosburg weet waaroor die lewe eintlik gaan en dit ook daarvolgens lewe."