Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Vanderkloof is a quiet hidden gem. If you have a boat, the dam is amazing. Wonderful supermarket seems always to be open and friendly. Friendly and helpful fuel station. Love seeing locals feeding stray cats."
"Ongelooflike ontdekkings in die oënskynlike vaaljapie-dorpie. Meer as 'n oornagplekkie."
"Puik ou boeregemeenskap met kultuur wat ons nie moet misry nie. Moet beslis besoek word."
"Die inwoners van die dorp is baie vriendelik en verwelkomend. Al was die Map toe, was Tino, die opsigter, bereid gewees om ons in die museum te verwelkom en rond te wys. Ons het die Paasnaweek baie geniet en dit baie geniet om die mense van Richmond beter te leer ken."
"Kan lekker bestemming wees as jy stil Karoo omgewing wil hê met aktiwiteite soos bergfietsry."
"Die stop by die brouery is altyd op ons agenda. Geniet altyd die lekker platter saam met die heuningbier en apple cider. Ook alte heerlik geëet by die kunsgalery. Hierdie keer het ons vir 2 aande oorgebly en die pad opgery tot by die bankie. Wat 'n lieflike uitsig van Nieu-Bethesda. Dit sal ook nou in instelling word en wil volgende keer daar wees as die son ondergaan."
"Brits town is a very small town with old buildings and interesting historical places to see. Not much else going on there."
"Dis 'n Karoodorp en water word wyslik gebruik. Boorgate het hoë swael inhoud. Boere-gasvryheid op sy beste. Restaurante bied uitstekende kos en diens. Genoeg aktiwiteite om almal besig te hou."
"Hier kan jy vergeet van gister se sorge en jou hart oopmaak vir wat mÆre gaan gebeur. Dorp is netjies en die Spar is in dieselfde straat en maak dit so gerieflik vir jou aankope."
"Nieu-Bethesda het 'n besonderse atmosfeer van rustigheid en 'n skilderagtige dorpie."
"Ou geboue, en baie vriendelike mense, dit wil voorkom asof die dorp afgesny is van die gejaagde wêreld daar buite. Hier kan mens jou siel weer skoonmaak, en jou God weer ontmoet."
"Victoria West Is a charming quaint little village with an interesting assortment of architectural styles -Victorian ,Edwardian ,Cape cottage and a magnificent DRC Church dating back to 1849. Victoria West is worth the stop just to see the iconic Apollo art deco Theatre which reminds me of going to the bioscope in my youth! We arranged a two hour Guided walking tour with Ricardo of Victoria West Tours. He is a fountain of knowledge on the area and very enthusiastic. So nice to meet a young man from a disadvantaged background so keen to learn and very proud of his Vic West heritage. The Victoria West Museum is also a must see stop with really interesting displays of dinosaurs, fossils, San culture, Voortrekker life and the Boer war. Finally Victoria West is definitely worth a stop over to enjoy the famous Karoo lamb at KA’Roux restaurant."
"Piepklein, skoon en netjies. Bitterlik min mense wat daar woon, en het ons feitlik niemand in die strate gesien nie. Absoluut doodstil."
"Ongelukkig het die reuk van brandende buitebande na die ANC-oproer lank in die lug bly hang."
"Daar is absoluut niks op hierdie klein dorpie nie. Die hotel is soos 'n oase in die woestyn. Pitstop op pad na jou bestemming. Geen ander aantrekking in Britstown."
"Sadly like all towns on route, it's not maintained due to lack of passing trade of years gone by."
"Wonderlike rustige dorpie met vriendelike mense en vol interessante stories. Ons het dit baie geniet."
"Die plekkie is vol stories, maar die gebrek aan veiligheid van die eiendom maak dit onaangenaam."
"Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis, maar daar is soveel meer om te doen, maar mens hoef nie elke dag rond te hardloop nie. Dis ook 'n baie lekker lê-en-rus-dorpie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sou jy iets nodig kry wat jy nie by die plaaslike winkeltjie kan kry nie, is die rit Graaff-Reinet toe 'n baie lekker een."
"Britstown het 'n geweldige arm gemeenskap met baie nood. Die dorp word verwaarloos deur die lokale munisipaliteit. Die boere in die omtrek maak meestal van die groter dorpe gebruik alhoewel daar 'n OVK in die dorp is. Daar is nie baie werksgeleenthede in die dorp nie a.g.v. disinvestering."