Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3557 resensies.
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Ek dink na die bouwerke by voltooi gaan wees, gaan Strand definitief een van Kaapstad se "go to" plekke word."
"Uitstekende bestemming. Jy beleef rustigheid in Strand - maar dis so sentraal dat jy kan uitry na al die mooi plekke rondom Strand, nie meer as 'n uur se ry uit nie! Die sonsondergange is ook asemrowend mooi."
"Goed, nie soos ek dit van vroeër onthou nie, maar watter plekke in SA lyk en is nog soos vroeër? Dit is steeds 'n baie mooi plek en baie sentraal geleë."
"Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt."