Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3577 reviews.
"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."
"Dis maklik bekombaar. Die klein winkelsentrum het als wat jy nodig het. Dis lekker stil, maar tog naby als. "
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Die middedorp is binne loopafstand. Daar is 'n supermark baie naby en Die Boord is 'n stil, rustige area. Vir my doeleinde was dit ideaal."
"Skoonste dorpie wat ek in 'n lang tyd gesien het, sal wat wil gee om daar te bly! Een woord: PRAGTIG!"
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"
"Pragtige berge en natuurskoon en dan ook is die trambusse 'n moet. Ons was nou al op beide die rooi en blou roete gewees en het dit baie geniet. Sal oor en oor wil teruggaan want Franschhoek is 'n pragtige dorpie met baie lekker eetplekke. Leopards Leap se kos en wyn is uitstekende waarde vir geld."
"Besoek die dorpie gerus en geniet die gasvryheid van die platteland. Oulike winkels en restaurante. Geleë naby al die dorpe in die omgewing soos Porterviile, Tulbagh, Piketberg ens."